Gemaklik soos ’n koningin

0
67
acry_luso.jpg

AcryLuso van Laser Edge Designs het ’n opwindende nuwe reeks produkte. Hierdie akrielversameling word met die hand gemaak deur baie talentvolle skeppers.

Hulle werk baie presies om die materiaal in ’n luukse en duursame meubelstuk te verander wat ’n leeftyd sal hou. Die resultaat is die Romeo-stoel – pragtig, funksioneel, stylvol en gemaklik. Elke stuk is uniek omdat feitlik die hele meubelstuk deurskynend is. Juis daarom kan jy selfs klein ruimtes ten volle benut en ’n gemaklike leefarea skep.

Die AcryLuso sluit in stoele, tafels, vertooneenhede en huisware van verskillende groottes en kan gemaak word om in enige ruimte te pas. Die Romeo-stoel is beskikbaar teen R11 400. Besoek www.laseredge.co.za of epos kevin@laseredge.co.za vir meer inligting.