Gemorspos

0
173
spam.jpg

‘n Internetdiensverskaffer is swaar beboet deur ‘n gesagsliggaam omdat hy gemors-e-posse (“spam”) aan iemand gestuur het.

‘n Internetdiensverskaffer is swaar beboet deur ‘n gesagsliggaam omdat hy gemors-e-posse (“spam”) aan iemand gestuur het.

Die internetdiensverskaffer  moet nou  R10 000 boete betaal en ‘n verdere boete van R50,000 is opgeskort op voorwaarde dat hulle sal ophou om sodanige e-posse aan privaatgebruikers uit te stuur.

Dit is inderdaad irriterend om elke dag ‘n klomp gemors e-posse in jou “inbox” te kry, of advertensiepamflette in jou posbus of in die inrit na jou huis. Dit word beskou as ongemagtigde indringing in jou privaat ruimte. Ek dink Christene moet dit ook in gedagte hou wanneer hulle hulle oortuigings aan ander mense wil oordra. Ja, Paulus sê aan Timoteus in 2 Timoteus 2:4: “Verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee.” Ons moet egter nie “tydig en ontydig” interpreteer asof dit beteken dat ons die hoorders “tydig en ontydig” moet verpes nie. “Tydig en ontydig” verwys na die Christen en nie na die aanhoorder nie, en Paulus bedoel net hiermee dat Christene nie in hul getuienis moet verslap. Ons moet egter steeds sensitief wees vir ander se tyd, en hul privaatheid respekteer, anders doen ons net skade aan die Goeie Boodskap.

Om ʼn effektiewe getuie vir Jesus te wees, vra wysheid en takt.

DEEL
Vorige artikelDie duurste Engelse speler
Volgende artikelKry 24/7 energie!
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.