Geroosterde blomkool en Brusselse spruite

410

5 min. + gaarmaak 15-20 min.
3-4 mense

BESTANDDELE

1 groot blomkool, in skywe gesny, of 200 g blomkoolstukke
200 g Brusselse spruite
Vir die sous
4 e olyfolie of kanola-olie
2 e rou heuning
1 t vars knoffel
½ t woestynsout of pienk sout
½ t growwe swartpeper
1 t droë oreganum
½ t paprika
Om oor te sprinkel
1 t lynsaad
1 e gemaalde lynsaad
1 handvol okkerneute
½ medium rooi-ui, fyngekap
Vars basiliekruid en/of tiemie

METODE

1 Stel die oond op 200 °C.
2 Berei ’n bakplaat voor met kleefsproei.
3 Rangskik blomkool en Brusselse spruite op bakplaat.
4 Meng die bestanddele vir die sous en verf oor die blomkool en Brusselse spruite.
5 Sprinkel die lynsaad, okkerneute en uie bo-oor en bak vir 15-20 minute.
6 Garner met vars basiliekruid of tiemie.
7 Dien dadelik op saam met geregte van jou keuse.

Izelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.