Geroosterde lendestuk

0
207
lendestuk.jpg

Kan jy sommer al klaar die aanloklike geure van hierdie gereg ruik? ’n Wendis vir jou mense die Kersfees.

Genoeg vir 8
Tyd: 1½ uur

BESTANDDELE
3 knoffelhuisies, fyngemaak
1,5-2 kg gerolde lendestuk (sirloin)
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
45 ml olyfolie

Rooiwynsous
125 ml rooiwyn
125 ml beesvleisaftreksel

METODE
1. Stel die oond op 190 °C.
2. Vryf die vleis met die knoffel in en geur milddadig.
3. Verhit die olie in ’n braaipan oor hoë hitte, voeg die lendestuk by en verbruin aan albei kante.
4. Plaas die roosterpan in die oond en bak die vleis tot ’n termometer wat in die middel van die vleis ingesteek is, 60 °C meet vir matig ongaar (45-50 minute) of gaar is soos jy verkies.
5. Draai die vleis halfpad deur die tyd om sodat dit egalig kan rooster.
6. Haal uit die oond, bedek liggies met foelie en laat 15 minute staan. Sit voor met rooiwynsous en groente van die seisoen.
7. Vir die rooiwynsous: Skep oortollige vet uit die roosterpan, plaas die pan op die stoof oor matige hitte. Wanneer dit begin sputter, voeg die rooiwyn by en bring vinnig tot kookpunt en bykans alles verdamp het. Voeg die beesvleisaftreksel by en laat 5 minute prut. Om die sous te verdik, voeg 15-30 ml mielieblom (Maizena) by wat in ’n bietjie koue water opgelos is. Klop stadig by die pruttende aftreksel tot dit dik genoeg is na smaak.

Deur Dorah Sitole. Foto’s: Vanessa Lewis