Gesellig in styl

0
63
slaai_lepels.jpg

November is die tyd vir vrolike feesvierings saam met familie en vriende, vir buitelugbraaie en kraakvars slaaie.

Doen dit in gesofistikeerde Franse styl en kwaliteit met Laguiole se André Verdier Country slaailepelstel van olyfhout. Maak seker jy kry die ware Jakob – kyk vir die kenteken op die handvatsel. Dit is gemaak met Franse passie en ’n liefde vir gesonde en smaaklike kos en geselligheid. Die klassieke landelike ontwerp en olyfhouthandvatsels skep ’n tikkie nostalgie en weerspieël goeie smaak en styl.

Die stel sluit ’n oulike houtskinkbord in. Bederf jouself of ’n goeie vriendin met hierdie kwaliteitstel. Dis tyd vir makietie hou! Kry vandag nog joune.

Beskikbaar teen slegs R460 by www.livin.co.za.