Geskep vir goeie werke

Jy is God se handewerk!

Ja, God het goeie werke vir jou beplan om te doen (Efesiërs 2:10) Dink bietjie daaraan….jy voel altyd so goed as jy iets vir iemand gedoen het en dit baie vir hulle beteken het.  Dis juis waarvoor ons geskep is! Vir goeie werke!

Mens voel nie altyd noodwendig lus om goed te wees vir ander nie veral as dit iemand is waarvan jy nie baie hou nie (ja toe nou, niemand is perfek nie!).

Dalk is dit die kollega by die werk wat uit haar pad uit gaan om jou lewe moeilik te maak.  Dalk sit jy en jou skoonma net nie om dieselfde vuur nie.

Of dalk is die persoon op straat die laaste een wat jy iets goed voor wil doen – jy weet mos nie wat hy met die geld gaan doen wat jy hom gee nie of hoe? Jy weet, Galasiërs 5:16 leer ons dat ons Gees en vlees teenstrydig is.  Hulle sal altyd bots omdat die Gees die teenoorgestelde van die vlees wil hê.

God vra van ons om Sy Wil te kies in plaas van ons eie.  Sy manier van dinge doen in plaas van ons manier.  Dit gebeur nie vansself nie,maar is ‘n keuse wat ons daagliks moet maak.  Soos ons elke keer kies om deur die Gees gelei te word, só word ons sterker in ons geloof en pluk vrugte wat ons nie andersins sou kon nie.

Ek wil jou uitdaag om in hierdie week opsetlik goed te wees vir die mense rondom jou!  Ek is oortuig dat jy sal aanhou met jou goeie werke nadat jy die seën van die Here ervaar het deur dit!

Mag Sy Gees jou lei!

Vorige artikel10km…saam
Volgende artikelDaar sit ons toe in die modder vas
Blogger - Lizelle de Kock
Lizelle de Kock is ‘n vrou vir Mark de Kock en ma van 3 dogters, Kaylin (11), Jessica (9) en Madison (4). Sy is meer bekend as die stigter van die partytjie maatskappy, Organizit Party Styling wat op verskeie programme soos Pasella, Die Groot Ontbyt op Kyknet en VIA TV verskyn het. Haar werk is ook in talle nasionale tydskrifte soos Living & Loving, Baba & Kleuter, Vrouekeur, Huisgenoot & Idees-tydskrif te sien. Met 'n suksesvolle boek (PARTY TIME) wat in 2015 vrygestel is, het sy haar merk as 'n betroubare partytjie stilis in Suid-Afrika gemaak. Haar diep passie lê egter daarin om ‘n verskil in vrouens se lewens te maak deur hulle te help om hulle doel te ontdek en dit met vryheid uit te leef. Dis ook om hierdie rede dat sy ingeskryf het vir Mev SA 2017 en gekies is as een van die land se Top 100 semi-finaliste. Deur haar agtergrond in kreatiewe partytjies en geleenthede te gebruik, bring sy 'n nuwe openbaring aan elke vrou se doel deur middel van 'n kreatiewe werkswinkel wat sy landwyd aanbied.