Gesonde gemmerkoekies

280

10 min. + gaarmaak 8 min.
30-32 koekies

BESTANDDELE

300 g amandelmeel
300 g tapioka-meel (kassawemeel)
50 g tahini-botter
2 t koeksoda
2 t kaneel
4 t gemmer
1 t naeltjies
1 t Oryx-sout
1 t vanillageursel
2 e swart molassestroop
4 e rou heuning
1 e appelasyn
120 ml olyfolie
1 eier geklits
1 Stel die oond op 220 °C.

METODE

1. Berei ’n bakplaat met bakpapier voor.
2. Meng al die bestanddele behalwe die eier saam. Klits dit eers apart tot skuimerig en voeg dan by.
3. Meng goed en knie tot koekiedeeg vorm.
4. Rol uit en gebruik koekiedrukker van keuse.
5. Bak 8-10 minute.
6 Laat afkoel en bêre in lugdigte houer.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.