Gesonde soetkoekies

581

10 min. + baktyd 8 tot 10 min.
30 tot 32 koekies

BESTANDDELE

300 g amandelmeel
300 g tapioka-meel (kassawemeel)
50 g tahini-botter
2 t koeksoda
4 t kaneel
1 t Oryx-sout
1 t vanieljegeursel
6 e rou heuning
120 ml olyfolie

METODE

1 eier geklits
1 Voorverhit die oond tot   220 ˚C.
2 Berei ’n bakplaat voor met bakpapier.
3 Meng al die bestanddele saam behalwe die eier, klits dit eers apart tot skuimerig en voeg dan by.
4 Meng goed en knie tot koekiedeegvorm.
5 Rol uit en gebruik koekiedrukker van jou keuse.
6 Bak vir 8 tot 10 minute.
7 Laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.