Gesonde Vetkoek

1653

10 min. + gaarmaak 10 min.
5 tot 6 porsie

BESTANDDELE

2 koppies selfrysende rysmeel
1 t Oryx-sout
1 e rou heuning
2 eiers geklits 
250 ml water
4 e olyfolie
Olyfolie vir gaarmaak

METODE

1 Meng die rysmeel en sout in ’n mengbak.
2 Meng die water, heuning en eiers apart en voeg dan by die droë bestanddele.
3 Meng alles goed totdat ’n deegtekstuur vorm.
4 Plaas eenkant terwyl die olie verhit. (Maak gebruik van ’n klein potjie omdat olyfolie duur is en ’n mens dan minder gebruik.)
5 Gooi genoeg olyfolie in die pot sodat dit ongeveer 4 cm tot 5 cm diep is. 6  Plaas 1 vol opskeplepel deeg in die warm olie en braai albei kante tot bros en bruin.
7 Verwyder en plaas op handdoekpapier om effens af te koel.
8 Bedien met ’n vulsel van jou keuse.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.