Gestopte hoenderborsies met sprietui-koeskoes

0
57
gestopte_hoender_borsies.jpg

Hoender is altyd ’n wenner vir enige ete. Maar hierdie feesseisoen gaan dit alle verwagtinge oortref!

Genoeg vir 2
Tyd: 45 minute

BESTANDDELE
4 hoenderborsies
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
80 ml lietsjievleis, gekap
45 ml dennepitte, gerooster
80 ml fetakaas, gekrummel
30 ml sprietui, in dun skyfies gesny
45 ml growwe broodkrummels
15 ml heelkorrelmosterd

Koeskoes
120 ml koeskoes
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
30 ml sprietui, in dun skyfies gesny

METODE
1. Stel die oond op 200 °C.
2. Vir die hoender: Sny ’n keep aan die kant van elke borsie in om ’n sakkie te vorm. Geur die binnekant van die sakkie.
3. Meng die res van die bestanddele goed saam. Stop die hoenderborsies met die mengsel en braai liggies tot goudbruin aan albei kante, maar nie heeltemal gaar nie.
4. Plaas die hoender in die oond en bak tot goed deurgaar, ongeveer 5 minute.
5. Vir die koeskoes: Plaas die koeskoes in ’n mengbak en voeg kokende water by tot net bedek. Bedek die bak met kleefplastiek en laat 10 minute staan. Geur en meng die sprietui by.

Deur Illanique van Aswegen. Foto’s: Adel Ferreira