Getrou in klein dinge

741

Singapoer staan bekend as ‘n land met een van die laagste misdaadsyfers in die wêreld. Dit beteken nie dat hulle geen misdaad het nie, maar hulle vat selfs die kleinste oortreding vas.

Singapoer staan bekend as ‘n land met een van die laagste misdaadsyfers in die wêreld. Dit beteken nie dat hulle geen misdaad het nie, maar hulle vat selfs die kleinste oortreding vas.

ʼn 60-jarige man is byvoorbeeld nou in hegtenis geneem nadat hy drie tandestokkies in die sitplek van ʼn openbare bus gedruk het. Hy kan tot twee jaar tronkstraf kry vir vandalisme. ʼn Mens kan selfs lyfstraf kry as jy skuldig bevind word aan vandalisme. Dit is selfs verbode in Singapoer om kougom in te voer om te verseker dat openbare geriewe skoon bly.

Jesus het mos gesê:  “Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik” (Lk 16:10).

Mag ons betroubaar bevind word ook in die klein dingetjies van die lewe.

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.