Geurige kerrieworsies

0
139

Lewer 4 porsies

BESTANDDELE

800 g beesworsies
bietjie olie
2 wortels, in blokkies gesny
2 selderystingels, fyngekap
2 uie, gekap
5 ml kerriepoeier
2,5 ml fyn komyn
2,5 ml fyn gemmer
500 ml beesvleisaftreksel
410 g (1 blik) gekapte tamaties
2,5 ml droë gemengde kruie
45 ml blatjang
30 ml sojasous
30 ml mielieblom
30 ml water

METODE

  • Plaas die wors in ’n pan, bedek met water en laat dit vir 10 minute baie liggies kook.
  • Verlaag die hitte en laat prut die wors vir nog ongeveer 5 minute. Verwyder van hitte en dreineer.
  • Verhit die olie en soteer die wortels en seldery daarin vir 8 minute. Voeg die uie by en soteer tot sag.
  • Voeg die kerrie, komyn, gemmer, aftreksel, tamaties, kruie, blatjang en sojasous by.
  • Verhit tot kookpunt en laat vir 45 minute prut.
  • Maak die mielieblom en water tot gladde pasta aan en roer by sous. Voeg worsies by.
  • Laat vir 10 minute oor lae hitte prut tot sous verdik het.

Sit die gereg saam met kapokaartappels voor.