Gevlokte varkvleis

1120

Prutpotkos maak ’n mens sommer warm van binne af buite toe. Dis trooskos op sy beste, en net die ding om die winter uit jou kombuis te verdryf.

8-10 porsies | 8 uur

BESTANDDELE:

15 ml bruinuiegeursel
15 ml knoffelvlokkies
10 ml fyngerasperde vars gemmer
7 ml fyn kruienaeltjies
7 ml fyn wonderpeper
7 ml droë tiemie
7 ml mosterdpoeier
10 ml sout
5 ml gerookte paprika
5 ml fyn komyn
5 ml suiker
5 ml varsgemaalde swartpeper
2,5 ml rooipeper
1,5 kg varkvleis, in blokkies gesny
250 ml appelbier of appelsap
1 lourierblaar
8-10 broodrolletjies

METODE:

1. Meng die bruinuiegeursel, knoffelvlokkies, gemmer, kruienaeltjies, wonderpeper, tiemie, mosterdpoeier, sout, paprika, komyn, suiker, swartpeper en rooipeper in ’n mengbakkie.
2. Vryf die speserymengsel goed deur die vleis en skep die vleis in die prutpot se bak. Giet die appelbier of appelsap oor die vleis en voeg die lourierblaar by. Stel die prutpot op laag vir 8 uur.
3. Skep die vleis uit met ’n gaatjieslepel en pluis dit met twee vurke. Skep enige oortollige vet van die sous af en giet ’n paar lepels van die sous oor die vleis.
4. Skep die vleis op die broodrolletjies en rond dit af met braaisous, tamatieskyfies en blaarslaai.