Gevulde croissants

0
313

Vul ’n aantal croissants met verskillende vulsels en rangskik dit op groot opdienborde sodat elkeen kan eet waarvoor hulle lus het.

Kies uit die volgende vulsels of maak jou eie. Verhit die croissants by 180 °C.

Vulselvariasies

Roereiers, gerookte ham en mozzarella: Voeg gerookte ham en mozzarellaskywe by roereiers en skep dit in die croissants.

Spekvleis en swart sampioenvulsel:

Braai gekapte bruin sampioene en uie in olie, voeg aangemaakte mosterd, jogurt of room, en sout en peper na smaak by. Braai spekvleis tot bros en plaas dit op die croissants. Skep sampioenvulsel bo-op en verhit dit in die oond tot deurwarm.

Hoender, amandels en spekvleisvulsel:

Meng 300 ml gaar, gekapte hoender, 100 ml gaar, gekapte spekvleis, 50 ml amandelvlokkies en 100 ml mayonnaise en skep dit in die croissants. Sit dit koud voor.

Ham en pynappelvulsel:

Smelt 25 ml botter of margarien en roer 25 ml koekmeel en ’n knippie borrie daarby. Roer 250 ml melk geleidelik by en laat prut dit tot dik. Voeg sout na smaak, 200 ml gerasperde mozzarellakaas, 100 ml pynappelblokkies en 150 ml hamblokkies by.