Gevulde patats

247

5 min. + gaarmaak 1 uur 15 min. 4 mense

BESTANDDELE

4 middelslag patats
2 e olyfolie
1 groot rooi slaai-ui, opgesny
2 blikkies keker-ertjies, gewas, gedreineer en droog gedruk met papierhanddoek
4 e rou heuning
2 t Oryx-sout
1 t fyn komyn
1 t paprika
½ t growwe swartpeper
50 g pampoensaad
100 g baba spinasie in warm water geweek en goed gedreineer

GARNERING

Amandelmeel, rissievlokkies en vars tiemie

METODE

1  Stel die oond op 200 °C.
2  Was patats en bak heel vir 1 uur en 15 minute. Haal uit oond en laat afkoel.
3  Voorverhit ’n braaipan met olyfolie en begin deur die uie te braai tot ligbruin.
4  Voeg die keker-ertjies  by en roerbraai vir ongeveer  5 minute.
5  Voeg die res van die bestanddele by en roerbraai totdat die heuning gekaramelliseer het.
6  Voeg die baba spinasie by en meng deur.
7  Sny die patats oop en skep van die mengsel in.
8  Garneer en sit warm voor.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.