Gevulde soetrissies

927

BESTANDDELE:

3 e olyfolie, in verdeelde hoeveelhede
1 groot uit, in blokkies gekp
1½ k gort, oornag geweek en gedreineer
1 bondel krulkool, dik stingels verwyder, blare gekap
1⅛ t rissiepoeier, in verdeelde hoeveelhede
3 knoffelhuisies, gemaal
1 blikkie heel geskilde tamaties, fyngemaak
2 e B-well Creamy Mayo
¼ t kosjersout
3 groot groen soetrissies
½ k laevet-, wit cheddar, gerasper
fetakaas, om voor te sit

METODE:

1. Verhit 1 eetlepel B-well kanola-olie oor matige hitte in ’n groot kastrol. Voeg die ui by en kook tot sag (5-7 minute).
2. Voeg die gort en 3¾ koppie water by en kook tot die gort sag is (sowat 30 minute).
3. Roer die krulkool en ⅛ teelepel rissiepoeier by die gort in tot die kool verwelk is. Meng ook die cheddar in.
4. Verhit die oorblywende olie oor matige hitte in ’n kastrol. Voeg knoffel by en laat kook 3 minute. Voeg die tamaties, oorblywende 1 teelepel rissiepoeier en sout by en laat kook.
5. Verlaag hitte en laat prut. Roer af en toe tot sous dik is (ongeveer 30 minute).
6. Verstel hitte na laag en sit die deksel op.
7. Voorverhit die oond met die rak in die middelposisie.
8. Sny die bokant met die stingeltjie van die groen soetrissies af om ’n holte te maak vir die vulsel. Behou die bokante.
9. Gebruik ’n klein messie om die binneste vlees en pitte versigtig te verwyder.
10. Stop die rissie styf vol met die gortmengsel en sit die stingelgedeelte weer bo-op.
11. Sit in ’n groot oondbak en panrooster tot die rissie swart word en sag is (20 minute). Draai halfpad deur een keer om.
12. Voeg die tamatiesous by rissies, strooi kaas oor elke rissie en braai tot die kaas gesmelt het (1-2 minute).
13. Rangskik die rissies op borde saam met die sous en sit voor met fetakaas.