Glo, hoop en vertrou

Ons almal was al in een of ander tyd in ons  lewe ‘n onglowige Tomas.

Sien is glo. Dit maak ons almal twyfelaars. Dit is nie in ons geaardheid om net te glo nie ons wil maar almal eers sien voor ons glo.

Iewers in ‘n gesprek sluip die woorde in “ek hoop of ek ‘glo’ vir jou part” maak nie saak of dit  in’n simpetieke vorm, angs of ‘n wens  of wat ook al dit mag wees nie, maar die feit is dat ons so baie die woorde uit spreuk sonder die besef van wat se krag en gevoel die woorde dra. Ons spreuk die woorde van hoop en geloof partykeer teenoor iemand uit maar sonder dat die woorde uit die hart kom. Dis leë woorde. Ons is soms genyg om te hoop  en glo vir aardse dinge,  maar glo en hoop jy vir ‘n geestlike ervaaring.

Ek hoop soms vir krag wat my ontbreuk om met ‘n eenvoudige dag  taak aan te gaan.  Geeslik en liggaamlik voel ek gestroop van krag. Ek gaan lê in ‘n bondelljtie en huil. Ek het nie die krag om aan te gaan nie, maar dan skielik kom ek tot bedaring en die krag kom en ek gaan aan. Dan sê ek “dankie Vader dat U my van die noodige krag voorsien het”.

Dit is dan daar waar ek my geestlike gevoel van hoop hier binne my voel.

Maar het jy al daai gevoel hier diep binne jou gekry dat jy absoluut met hart en siel glo en vertrou jy voel sommer so ampers pyn hier in jou hart. Glo, Hoop en Vertrou is ‘n gevoel  nie ‘n daad nie.

Glo is om te hoop op dit wat ons nie kan sien  nie. As jy iemand wil bemoedig om te glo en vertrou moet jy dit doen omdat jy vir die persoon omgee. God het ook vir sy Seun bemoedig en Hom gevra om net in Hom te glo. Dit was ook vir Jesus moeilik, want hy was ook van vlees. En om te dink dat daar nog nooit ooit weer so groot liefde was soos God sin om Sy enigste Seun vir ons te laat sterf het vir ons sondes nie. Nie eers Maria sou kon dink met Jesus se geboorte dat daai twee handjies en voertjies so wreed deurboor sou word nie.

Vorige artikelBloemer bo-oor Bangbroek
Volgende artikelElke dag se voortbou verander in môre se oorvloed
Blogger - Lalie Kiesling
Ek is 52jr en ek moet sê, ek was nooit op skool goed met opstelle en sulke goed nie. My ma moes maar altyd inspring en help. Maar soos die tyd aangestap het, het ek al hoe meer gedagtes gekry, meestal oor geloof. Ek weet nie of dit ‘n gedagte is of deur die Heilige Gees aan my gegee is om met mense te kan deel nie? Ek het begin om my briefies aan Leef, Finesse en Keur tydskrifte te stuur, want ek wou so graag die gedagtes met iemand deel. Ek weet dat hulle nie altyd jou goed in die tydskrif kan plaas nie, maar ek het darem ‘n paar geskenkies gekry vir die beste brief. Maar dis nie vir my belangrik nie. Net die idee dat iemand dit kan lees en dalk daaruit iets vir hulself kan vat is vir my belangrik.