“God is aan my kant”

439

Die oorlogswolke is besig om op te kom oor Amerika en Noord-Korea. Trump het verklaar dat hy met “vuur en woede” sal reageer op Noord-Korea se dreigemente.

Die oorlogswolke is besig om op te kom oor Amerika en Noord-Korea. Trump het verklaar dat hy met “vuur en woede” sal reageer op Noord-Korea se dreigemente.

Pastoor Robert Jeffress, een van Trump se raadgewers wat ook by sy inhuldiging gepreek het, se uitlatings help nie juis die twee lande om nader aan vrede te beweeg nie.  Pastoor Jeffress sê dat God aan Trump die outoriteit gegee het om Kim  Jong-oen van Noord-Korea uit te haal. Hy het dus geen twyfel nie dat God aan Trump se kant is.

Dit is natuurlik altyd ʼn probleem wanneer mense dink dat God aan hulle kant is en alles wat hulle doen, ondersteun.  In plaas daarvan om te dink dat “God is aan my kant”, behoort ʼn mens eintlik eerder te vra of “ek aan God se kant is.”

Kon die Pastoor nie eerder die twee presidente aanmoedig om met mekaar te kommunikeer en vrede na te jaag nie? Moet ons nie eerder vredemakers in die wêreld word nie? Dit geld ook vir my en jou in ons veel kleiner wêreld.

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.