God se paddastoeltjie

Ek het onlangs ‘n SuperDoeper deur mekaar week beleef.

Om te begin, ’n waterpyp agter my nuwe opwas bak het gelek en die kas moes weggebreuk word om by die pyp uit te kom. Die gyser besluit om te bars, en vir die kersie op die koek, ry ek in ‘n ander voertuig vas by die Mall. Genadiglik het niemand seer gekry nie. En daar is ‘n derdepartye versekering vir die skade op die ander voertuig maar myne was my indaba.

Maar so tussen in was die klein jakkalsies in die wingerde ook met eie bydrae besig tot my super doeper week. Ek het ook soos Job gevoel om in sak en as te sit. Maar my vertoue lê in God my Vader. Ek het op gestaan, die as van my afgeskud en aan beweeg.

As ‘n gebore en getoë plaas jappie, as ware op die plaas gebore het ek as kind niks van sampioene geweet nie. Dit wat ek wel van ‘n sampioen af geweet het was:

  1. dis (vir my) bekend as ‘n paddastoel,
  2. dis baie giftig,
  3. en in storieboeke is dit waaronder feetjies en dwergies woon.

En so beland  ek jare later by  ‘n braai. En saam met die pap was daar sous en raai wat’s in die sous? “Paddastoele”.  Ek het net gesê jammer, maar ek eet nie pap en paddastoele nie.

Na ‘n lekker gelag is ek gerus gestel dat dit heeltemal veilig om dit te eet en ook toe sommer ‘n lesing gekry oor hoe dit gekweek word in kompos. So tydens my super doeper week van teëspoed was ek ook ‘n Paddastoel. Daar moet struikelblokke (kompos) in my lewe wees, want daar sonder kan ek nie as gelowige groei in God nie.

Dit maak dat ek aan God moet vas hou en groei, en later kom die volwasse groei in geloof en vertroue in God na vore. Dit alles maak my sterk.  Net so met alle grond wat voorberei word om iets in te plant moet jy dit eers goed bemes om dit wat jy plant die beste na vore te bring.

Die vyand kan maar hoe bedrywig wees in my lewe. My geloof staan stewig in die beste bemesting. Alle slegte gebeure in my lewe is my bemesting vir my geloof, dit laat my geloof net groei en groei in God.

Vorige artikelHoop in die donker
Volgende artikelHoop vir 2018
Blogger - Lalie Kiesling
Ek is 52jr en ek moet sê, ek was nooit op skool goed met opstelle en sulke goed nie. My ma moes maar altyd inspring en help. Maar soos die tyd aangestap het, het ek al hoe meer gedagtes gekry, meestal oor geloof. Ek weet nie of dit ‘n gedagte is of deur die Heilige Gees aan my gegee is om met mense te kan deel nie? Ek het begin om my briefies aan Leef, Finesse en Keur tydskrifte te stuur, want ek wou so graag die gedagtes met iemand deel. Ek weet dat hulle nie altyd jou goed in die tydskrif kan plaas nie, maar ek het darem ‘n paar geskenkies gekry vir die beste brief. Maar dis nie vir my belangrik nie. Net die idee dat iemand dit kan lees en dalk daaruit iets vir hulself kan vat is vir my belangrik.