God wil jou gebruik!

0
117
Liesel Krause-Wiid

Wil jy graag ’n verskil maak vandag, maar jy wonder: Waar begin ek? Jy is presies waar jy moet wees om iemand se dag op te vrolik. ’n Opregte glimlag van omgee is halfpad daar!

Geloofkenner: Liesel Krause-Wiid

lyn_3.png

GRATIS E-BOEK

1001 Bybel Beloftes vir elke Behoefte

Almal het soms ’n hupstoot nodig! 1001 beloftes vir elke behoefte is propvol stukkies inspirasie wat jy sommer so in ’n drafstap kan gryp.

Kliek HIER en laai die e-boek, 1001 Bybel Beloftes vir elke Behoefte, GRATIS af.

lyn_3.png

Wil jy graag ’n verskil maak vandag, maar jy wonder: Waar begin ek? Jy is presies waar jy moet wees om iemand se dag op te vrolik. ’n Opregte glimlag van omgee is halfpad daar!

Wanneer jy een swaar emmer water dra, is dit ’n groot gesukkel. Jy hinkepink vorentoe terwyl die emmer kort-kort teen jou knie stamp en die water uitspat. Al gooi jy van die water uit, is jy steeds ongebalanseerd. Al wat regtig gaan help, is om nog ’n emmer water op te tel, en die twee gelyktydig te dra. Dan is die balans herstel.

Hierdie beeld illustreer dat wanneer jy ander help, jy ook jouself help. Soms trek ons eie laste ons af grond toe, maar as jy iemand anders se laste help dra, kom jy in balans! Liefdevolle omgee vir jou medemens herstel jou ewewig en bring perspektief.

Jy is toegerus om ’n verskil te maak!

Daar is ’n verhaal van ’n vrou wat ongelukkig was en wou selfmoord pleeg. Sy spring toe van ’n brug af, die rivier in. Sonder om twee keer te dink het ’n jongman wat daar verbygestap het, agterna gespring om haar te red. Maar toe hy die water tref, onthou hy hy kan nie swem nie. Die vrou wat wou selfmoord pleeg, het gesien die jongman gaan verdrink en het hom te hulp geswem. So het sy die man en ook haar eie lewe gered.

My lewe het verander die dag toe ek besef ek het sekere talente ontvang, al het ek ook tekortkominge. Die rede daarvoor is ’n baie spesiale en spesifieke plan wat vir my lewe uitgelê is. Een wat niemand anders as ek kan uitleef nie. Dit is nie net sekere mense, soos pastore, dominees en sendelinge, wat geroep word vir groter dinge nie. Nee, elkeen op aarde kan ’n verskil maak. En boonop word ons toegerus om te kan doen wat ons moet doen – elke dag!

[VIDEO] Verander jou bekommernisse in hartsgesprekke

Gebruik jou talente om betekenisvol te leef

’n Mooi voorbeeld van iemand wat haar talente voluit ontgin en benut, is die haarstilis Teresa Russo-Cox. Sy is ’n haarkapper in Chicago wat Haarkappers in die Markplek (HIM) begin het. Hierdie bediening bied maandeliks gratis skoonheid- en haarsorgsessies aan behoeftige vroue.

Russo-Cox het baiekeer gewonder waarom sy ’n talent ontvang het wat soveel met ydelheid te doen het. Sy wou ’n verskil maak en in die Koninkryk dien en bedien. Haar gebed is beantwoord met ’n visie om nie net die hemelse liefde en sorg aan vroue in nood oor te dra nie, maar ook om na ander haarstiliste uit te reik.

Dit onderskei die werk wat sy doen van ander bedienings wat gratis haarsnitte aan behoeftiges bied. “Ons fokus op die uitdra van die Goeie Nuus in die haarindustrie. Die media kommunikeer dat dit net die uiterlike is wat tel – die glans en glinster. Ek wil ’n lig vir die wêreld wees in ons bedryf.” Hierdie vrou het beweeg van suksesvol na betekenisvol!

Wees beskikbaar en verander lewens een dag op ’n slag

Die verhaal van Ester illustreer mooi hoe ons kragdadig gebruik kan word as ons net aanmeld vir diens in die Koninkryk. Ester was ’n weeskind, maar sy is uiteindelik as instrument gebruik om Israel te red. Sy is in die paleis geplaas met ’n baie spesifieke doel: haar skoonheid het die koning bekoor, en later tree sy in vir die volk en red Israel van uitwissing! Dit was deel van die Meesterplan met haar lewe. Mordegai het vir haar gesê: “Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ’n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het.” Ester het haar roeping geleef.

Gebruik dit wat vir jou lekker is en wat jy goed kan doen tot Sy eer. Wanneer jy jou passie najaag, loop jy dikwels in jou doel hier op aarde vas! Ek daag jou uit om vandag klein treetjies te gee om nader aan jou doel op aarde te kom. Al wat jy moet doen, is om aan te meld vir diens. Wees beskikbaar en bereid om die hande en voete van die Meester te wees.

Elke dag, enige dag wat jy ’n verskil maak, so gering soos ʼn glimlag van begrip en omgee, is ’n goeie dag.

lyn_3.png

KOOP AANLYN

Spreuke 31-vrou, geskryf deur Aletté Winckler.
31 tydlose waarhede vir die moderne vrou

In hierdie boek kry jy praktiese raad en inspirasie uit die Woord. Elke hoofstuk word saamgevat deur Bybelstudievrae wat tydens jou stiltetyd of in ’n kleingroep oor nagedink kan word, sodat jy die beste word in elke aspek van jou lewe. Spreuke 31-vrou is beskikbaar op www.voelgoedwinkel.co.za teen R84.

lyn_3.png