Goedkoop oproepe na almal oorsee

0
171
skype.jpg

Het jy ook geliefdes wat ver van hier bly? Met Skype kan jy hulle elke dag sien en met hulle gesels.

Skype is ’n kommunikasieprogram wat gratis video-oproepe, gewone telefoonoproepe en regstreekse boodskappe deur die internet moontlik maak. Dit is ideaal om elke dag met mense oorsee of ook hier in Suid-Afrika te praat. Jy kan Skype gratis op jou rekenaar of slimfoon aflaai. Dit is baie gebruikersvriendelik en neem slegs ’n paar minute om op te stel.

Hoe kan jy Skype self aflaai?

• Gaan na Skype.com of na jou slimfoon se app-winkel.
• Laai Skype af – dis gratis op rekenaars, selfone, tablette en selfs televisiestelle.
• Teken in op Skype en plaas ’n paar vriende se eposadresse op jou kontaklys.

Jy kan op die volgende maniere met Skype gesels

Videogesprekke

HOE DIT WERK:
• Teken in op Skype en kies ’n kontak. Video-oproepe is net moontlik met kontakte wat ook Skype-kliënte is.
• Kliek op die Video call-knoppie.
• Glimlag, waai of sê net “goeiemôre”. Jy kan die ander persoon op jou rekenaarskerm sien en hulle hoor gesels.
WAT DIT KOS:
Skype-tot-Skype-oproepe is gratis. ’n Video-oproep gaan jou dus nie geld kos nie, maar dit gaan jou wel data kos. As jy wil, kan jy ook die videobeeld afskakel en net doodgewoon gesels soos met ’n foonoproep.

Soos praat oor ’n telefoon

Met Skype kan jy ook oproepe na selfone of landlyne wêreldwyd maak, sonder dat die kontakte Skype-kliënte is.
HOE DIT WERK:
• Teken in op Skype.
• Kies ’n kontak (as hulle nommer deel is van hulle profiel) en kliek op die voice call-knoppie.
• As die persoon nie ’n kontak is nie, kliek eers op die voice call-knoppie en sleutel dan die nommer in. Onthou om die internasionale skakelkode by te voeg.
WAT DIT KOS:
Om oproepe na selfoon- en landlynnommers te maak, moet jy Skype-krediete koop, wat jou 3,3 sent ’n minuut gaan kos. Let daarop dat daar ’n konneksiefooi is. Jy kan ook ’n subskripsie uitneem van 60 minute ’n maand teen 1,5 sent ’n minuut. Daar is ook ander subskripsie-opsies beskikbaar.

Briefies tik en foto’s stuur deur Skype

Klets, stuur foto’s en selfs video-boodskappe met direkte boodskappe op Skype.
HOE DIT WERK:
• Teken in op Skype en kies ’n kontak.
• Tik jou boodskap in die gesprekkassie.
• Voeg ’n foto by: Kliek op die plus-knoppie en kies die Send files-opsie. Jy kry dan die geleentheid om die foto soek wat jy wil stuur. Wanneer jy op die foto kliek, word dit dadelik gestuur.
• Om ’n video-boodskap te stuur, kliek op die plus-knoppie en kies die Send video message-opsie, kliek op die video wat jy wil stuur en daar gaan hy.
WAT DIT KOS:
Weereens is dit verniet tussen twee Skype-kliënte, maar onthou die datakoste.
Nou het jy geen verskoning om nie uit te reik na jou geliefdes ver of naby nie.

Lees ook: Wonder jy ook waaroor tweet almal so? Leer meer oor Twitter, en tweet saam!