Goeie Vrydag

1098

Môre is dit Goeie Vrydag. Hoe kan ons so ‘n dag “goed” noem wanneer dit die herdenking is van die dag toe bose mense die Seun van God aan ʼn kruis vasgespyker het?!

Tog kan ons dit ʼn “goeie” gebeurtenis noem op grond van die impak van hierdie gebeure op ons lewe. Die gebeure op hierdie dag maak dit moontlik dat ek en jy, as ons ons op Christus beroep, met God versoen kan word, omdat Christus reeds aan die kruis die prys vir ons sonde betaal het. Die breuk tussen God en mens is nou geheel.

Efesiërs 2:16 sê: “Deur sy dood aan die kruis het Hy ’n einde gemaak aan die vyandskap en dié twee met God versoen en tot een liggaam verenig.”

Dit is die gebeure wat ons môre gedenk en waarvoor ons op ons knieë kan gaan en God kan dank. En daarom noem ons dit ʼn Goeie Vrydag!