Groen lenteslaai

0
255
lente-slaai.jpg

Wat is die somer sonder ’n vars slaai? Bedien hierdie groen lenteslaai saam met die braaivleis.

Genoeg vir 4
Tyd: 30 minute

BESTANDDELE
100 g aspersies
100 g broccolini
100 g dun groenboontjies
200 g pancetta, in blokkies
45 ml olyfolie
100 g mangetout
125 ml geroosterde haselneute
4 eendeiers, saggekook
handvol ertjiespruite, vir opdiening

METODE
1 Bring ’n groot kastrol met soutwater tot kookpunt. Blansjeer die aspersies, broccolini en groenboontjies vir 2 minute. Haal uit die kastrol en plaas dadelik in ’n bak yswater. Dreineer en hou eenkant.
2 Verhit ’n groot pan oor hoë hitte en braai die pancetta tot bros.
3 Verhit die olyfolie in ’n aparte pan en braai die mangetout, aspersies, broccolini, groenboontjies en haselneute tot baie warm.
4 Plaas die groente en pancetta op ’n opdienbord en breek die eiers oop oor die slaai. Sit voor met ertjiespruite.

Artikel: Vickie de Beer
Foto’s: Lee Malan