Groentegebak

391

10 min. + gaarmaak 20 min.
Porsies 4 tot 6

1 kg botterskorsie sag gestoom in die mikrogolf vir 12 min. (Sny 1 hoekie van die pak oop).

VIR DIE SOUS

2 e olyfolie
1 rooiui opgekap 
600 g rosa-tamaties in die helfte gesny
1 eiervrug in blokkies gesny  (+- 300 g)
2 t knoffelvlokkies
1 opgehoopte e paprika
3 e rou heuning
2 tot 3 t Oryx-sout
1/2 tot 1 t growwe swartpeper 
2 t gedroogde basiliekruid 
50g amandelmeel
1 e sesamesaad olyfolie Sout Vars basiliekruid

METODE

1 Voorverhit die oond tot  200 ˚C.
2 Verhit olyfolie in ’n pan  en braai die ui en eiervrug tot bruin, voeg dan die tamaties by en braai tot sag.
3 Voeg die knoffel, paprika, heuning, sout en peper en basiliekruid by.
4 Laat alles prut totdat die heuning begin karamelliseer.
5 Berei intussen ’n oondbak voor met kleefsproei en pak die botterskorsie daarin.
6 Gooi die tamatiesous oor.
7 Sprinkel met amandelmeel en sesamesaad en geur met sout voordat dit met olyfolie bedruip word.
8 Plaas in die oond en bak vir 20 minute.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.