Grootste #NetGIRLS bootreis ooit!

0
4684

Ons is eenders, maar anders. Party is donker, ander lig. Sommige is laf en ander ernstig. Maar een ding bind ons saam. Ons vrouwees.

En dis presies wat ons gaan vier op die splinternuwe MSC Musica. Vaar vanaf Vrydag 1 Maart tot Maandag 4 Maart 2019 saam met Finesse van Durban na die Portugese Eiland.

Ons kan mense maklik in kassies sit, maar eintlik is ons almal uniek en ’n kosbare mengsel van uiteenlopende eienskappe. Dis inderdaad soos Ted Grant sê: “When you photograph people in colour, you photograph their clothes. But when you photograph people in black and white, you photograph their souls!”

So, nou weet jy presies waarom “Wit en Swart” ons tema is vir die 2019 #NetGIRLS bootreis.

Op die groter MSC Musica is daar meer balkonkajuite, swembaddens en restaurante. Buiten die fantastiese vyfgangaandetes en uitmuntende diens, het hierdie skip ook ’n groter wêreldklasteater.

Daarom het ons besluit om ’n behoorlike produksie op die been te bring, spesiaal vir ons girls, in samewerking met die volgende bekendes: Gretha Wiid, Lianie May, Lindi Delport, Tracey Lange, Nádine en Monique Steyn.

Wynand Delport is ons musiekdirekteur en sal seker maak dat hierdie drie donkerkoppe en drie blondines nie net pret het nie, maar almal inspireer met pragtige musiek en opbouende boodskappe.

As deel van die Finesse #NetGIRLS-pakket kry jy ’n T-hemp, geskenkpak en toegang tot ons kunstenaars se eksklusiewe vertonings.

OM TE BESPREEK

Skakel MSC direk by 011 807 5111 en sê jy wil vir die Finesse bootreis bespreek.
Indien jy deur ’n reisagent bespreek sal jy nie deel wees van die Finesse groep nie.

Jy kan ook aanlyn bespreek deur hier te kliek.
Maak seker jy kliek op die Finesse Cruise, anders gaan jy uitmis op belangrike kommunikasie.