Haastige hoenderpastei

0
1717
hoenderpastei

Lewer 6 porsies.

BESTANDDELE:

1 geroosterde Woolies-hoender
1 groot ui
250 g gesnipperde spek
½ pakkie 125 g Knorr-bruinsampioene
250 ml room
1 rol (400 g) skilferkorsdeeg, ontdooi
gesmelte botter of melk om oor te verf

METODE:

1. Stel die oond op 200 °C.
2. Ontbeen die hoender en breek in groterige stukke; plaas eenkant tot benodig.
3. Braai die uie, spek en sampioene saam in ’n groot braaipan.
4. Voeg die hoenderstukke by en braai saam vir 1 minuut.
5. Giet die room oor die hoendermengsel, meng goed deur en skep in ’n oondvaste bak.
7. Rol die deeg effens dunner uit, sny volgens die grootte van jou oondbak en plaas bo-op.
8. Verf ’n klein bietjie gesmelte botter of melk oor en bak 15–20 minute of tot goudbruin.
9. Sit voor met slaai van jou keuse.