HAILEY CLARK - ’n vars briesie vir Afrikaanse popmusiek

0
65
Hailey_Clark.jpg

Die nuweling, Hailey Clark se gunstelingaanhaling oor musiek is: “Musiek is nie wat ek doen nie, dis wie ek is”.

Die nuweling, Hailey Clark se gunstelingaanhaling oor musiek is: “Musiek is nie wat ek doen nie, dis wie ek is”, en dit is beslis ’n raak beskrywing van hierdie vriendelike blondekop popsanger wat onlangs haar eerste amptelike album, Hailey Clark - Deurmekaar (in samewerking met Son Records), vrygestel het.

Die eerste Engelse enkelsnit, I Should’ve Followed You – ’n duet met Lee Scott – is baie goed deur radiostasies ontvang en het ook reeds ’n draai gaan maak op van Suid-Afrika se gewilde musiekprogramme, JAM, JUKEBOX, kykNET TOP20 en SABC Morning Live. Haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Deurmekaar, speel ook reeds geruime tyd op talle radiostasies landwyd.

Sonet Angelique du Plessis, beter bekend as Hailey Clark, se musiekavontuur het begin toe sy maar vyf jaar oud was. Sy het die afgelope twee jaar heelwat voorvertonings gedoen vir van die grootste kunstenaars, waaronder Steve Hofmeyr, Adam, Joe Foster, Jan Rhaap en  Anton Botha.

Haar debuutalbum kan hoofsaaklik beskryf word as Afrikaanse pop, met ’n elektroniese aanslag en verskil nogal baie van die rustige musiek wat sy in die verlede gesing het. “Die hoofdoel van die album is dat luisteraars moet pret hê wanneer hulle daarna luister. Daar is wel ’n paar dieper liedjies, maar niks te ernstig nie,” verklap Hailey. “Al die liedjies is nuut, vars en op internasionale standaard en was ’n spanpoging tussen my, Douw Steyn, Herman Steyn en William de Bruin van Son Records. Daar is ook twee Engelse duette, met ’n akoestiese rock-aanslag, saam met Dehan von Solms en Lee Scott.”

Die CD bestaan uit twaalf snitte, wat spesiaal omskep is om haar strelende stem op sy beste te laat vertoon. Dis ideaal vir 'n lekker kuier of danspartytjie saam met vriende! Die produksiespan het beslis musiek gekies waarmee aanhangers kon identifiseer en dis seker dat Deurmekaar, Stop die Tyd, Myne Maar Hy’s Mal, As die Merkies Blou Gaan, Stay en Tien uit Tien baie gewild gaan wees.

Daar wag voorwaar ’n blink toekoms op hierdie doelgerigte kunstenaar... op die verhoog en miskien ook nog op die silwerdoek.

Die album:

  1. Deurmekaar (Douw Steyn / William de Bruin)
  2. As die merkies bou gaan (Douw Steyn / William de Bruin)
  3. Myne maar hy’s mal (Alex Sparrow / Vertaling – William de Bruin)
  4. Stay – met Dehan van Solms (Douw Steyn / William de Bruin / Hailey Clark / Herman Steyn)
  5. Stop die tyd (Douw Steyn / William de Bruin)
  6. Verdien jou meer (Herman Steyn / Hailey Clark)
  7. Jy werk weer laat (Douw Steyn / William de Bruin)
  8. Jy laat my hart weer klop (Herman Steyn / Hailey Clark)
  9. Vier seisoene kind (Gian Groen)
  10. Daardie een is jy (Barnardo Bleom / Craig Sidler)
  11. I should’ve followed you home – met Lee Scott (Gary Barlow / Jörgen Elofsson)

 

Volg Hailey Clark op:
Facebook: https://www.facebook.com/haileyclarkHC
Twitter: @HaileyClarkHC
Instagram: @haileyclarkhc
vir toerbesonderhede en nuus

 

DEEL
Vorige artikel55. Organiese kos
Volgende artikel57. Negatiewe kalorieë
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.