Halloumi-en-groentesosaties

0
55
sosaties

Genoeg vir 4 persone.

Genoeg vir 4 persone.

BESTANDDELE

sosatiestokkies
100 g halloumi-kaas
1 ui
1 rooi soetrissie
1 geel soetrissie
2 murgpampoentjies
1 eiervrug
30 ml olyfolie
sout en peper

METODE

1.    Week die sosatiestokkies voor gebruik 30 minute lank in warm water om te verhoed dat dit tydens die gaarmaakproses brand.
2.    Berei die halloumi en groente voor deur dit in 2 cm-stukkies op te sny. Ryg dit op die stokkies en wissel die groente en twee stukkies kaas per stokkie af. Verf dit liggies met die olyfolie en geur met sout en peper.
3.    Verhit ’n bakplaat en rooster die sosaties 2 minute lank aan elke kant. Sit voor met ’n doopsous van jou keuse.

WENK

Vir die doopsous kan jy soetrissiesous gebruik. Maak ook jou eie doopsous deur mayonnaise, tamatiesous en blatjang te meng.

VARIASIES

Eiervrug is nie na almal se smaak nie. Gebruik dan eerder 1 rooi ui wat jy in 2 cm stukkie opsny of selfs ʼn tamatie waarvan jy die sade verwyder het.