Halloumi in spek met romerige pestodoopsous

1191
bacon-halumi

Lewer 2-3 porsies

BESTANDDELE

• 225 g halloumi-kaas
• 8-10 repies spek
• 15 ml pesto van jou keuse
• 125 ml suurroom

METODE

1. Stel die oond op 220 °C.
2. Sny die halloumi-kaas in 8-10 vingers van sowat 1 cm breed. Draai ’n repie spek om elke stukkie halloumi en steek dit met ’n peuselstokkie vas.
3. Plaas op ’n bakplaat en bak 10-15 minute tot goudbruin; draai na die helfte van die baktyd om.
4. Om die pestodoopsous te maak, meng die pesto met die suurroom.