Hands of man

Soms kom daar ‘n lied op jou pad wat jou hart raak en jou iets van die lewe laat besef.

Dit gebeur in dieselfde week waar ‘n pa sy kort stryd teen die groot K verloor. Hy was maar 47 jaar oud. ‘n Paar aande later woon ons ‘n ete by met die tema: Vier die lewe.

Jy besef dat die lewe kort en kosbaar is. Jy raak opnuut bewus daarvan dat tyd nie stilstaan nie en vir niemand wag nie. Miskien is dit met nostalgie wat ek die lirieke proe, of dalk die passie waarmee die solis, ‘n kind, tydens ‘n Kinderkoor Kersuitvoering ons wegvoer met die woorde van die bekende lied: Hands of man

These are the hands that build cathedrals
These are the hands that feed the world
These are the hands that kill the ones we heal
These are the hands of man
These are the eyes that see the wonders
These are the eyes that greet the dawn
These are the eyes that see the glory of
The place that is our home
These are the wounds that tell of anger
These are the wounds that speak of hate
Yet there was one that gave His only son
And these are the wounds… of love
And we have crossed the oceans
We have followed the stars
We have learned to reason
And we have studied the heart
We can build cathedrals
We are part of the plan
We have sailed the skies
For we are man!
These are the days to live forever
These are the days of the human race

Ek beleef iets van die wonder van menswees maar ook die verantwoordelikheid. Dat ons met hierdie hande kerke moet bou en mense moet kos gee maar moet waak om ander mense seer te maak. Ons moet leer om ons oë oop te maak vir die wonders en om ons eie seerkry in liefde om te skakel. Ons moet reis en ontdek. Ons is bedoel om te lewe. Nou. Ons is mens gemaak.

Ons vriend se vroeë dood is ‘n wekroep om die lewe voluit aan te gryp, om lief te hê en die lewe te vier terwyl jy nog kan. Dis egter nie ‘n hooplose lewe nie… Met Kersfees om die draai is dit juis Christus se mensword wat ons vier. Die Lig wat na die wêreld gekom het en wat in ons kom woon het.
“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

Mag ons daarna strewe om Sy hande en voete te wees. Mag ons bou en liefhê, mag ons reis en ontdek en ‘n lig bring waar ons beweeg. Mag ons vandag regtig leef. Uit Hom, deur Hom en tot Hom.

For we are man
We are part of His plan
These are the hands…