Hanna vertel hoe sy jonk en mooi bly

0
79
hanna_grobler_0.jpg

Vir ʼn gesonde vel en gloeiende hare het Hanna Grobler vir elke vrou die beste skoonheidswenke.

1. Gee jou hare ’n kleur-blaaskans

As jy byvoorbeeld blond-uit-’n-bottel is, word ’n ‘brond’ (die kleur tussen bruin en blond).

Dit beteken dat jy jou natuurlike haarkleur laat uitgroei. Dis wat ek gedoen het (bruin is my natuurlike kleur), en ek’s nie een dag spyt nie. Jou hare sal jou beloon met ’n gesonde glans.

2. Hou jou gesig heeldag vars

Ek is mal oor Nimue se Vitamin C Mist en hou dit altyd byderhand om my vel gloeiend te laat lyk en vogtig te hou.

3. ’n Gelukkige vrou is ’n mooi vrou

Dít glo ek vas. Probeer om die dinge in jou lewe wat jou ontstel, so gou moontlik uit te sorteer; al moet jy gaan aanklop vir professionele hulp.

4. Diere is goed vir jou gesondheid en hou jou stresvlakke in toom

Ek is baie lief vir my honde, hulle laat beslis my ‘goedvoel-hormone’ oortyd werk! Ek het ook iewers gelees dat jou liggaam endorfiene afskei wanneer jy met babadiertjies speel, of bloot na prentjies van hulle kyk. Onthou dit volgende keer wanneer jy met werkstres sukkel.

5. Bly aktief

Ek glo in oefening en is baie lief vir hardloop. Wanneer ek ’n kans kry, trek ek graag my drafskoene aan en vat die pad. Dis belangrik om te doen wat vir jou lekker is. Doen wat jy kan, met dit wat jy het, sonder dat dit soos ’n straf voel. Om saam met jou kinders op die gras te speel, of tuinwerk te doen, tel ook as oefening.