Heerlike boontjiesop

0
4796

BESTANDDELE

500 g droëbone van jou keuse, oor­nag in koue water geweek
1 lourierblaar
30 ml kanola-olie
2 wortels, geskil en gekap
2 selderystingels, gekap
2 preie, goed skoongemaak en fyngesny
4 knoffelhuisies, fyngekap
125 ml fyngekapte vars pietersielie
500 g beesskenkel
200 g blokkies spek
sout en swartpeper na smaak
vars suurlemoensap

METODE

  • Dreineer die bone en gooi in ’n swaarboomkastrol. Bedek met water en voeg die lourierblaar by. Verhit tot kookpunt en laat prut tot die bone net-net gaar, maar steeds ferm is. Dreineer en hou eenkant.
  • Verhit die olie en braai die wortels, seldery, preie en knoffel tot sag.
  • Voeg die bone en pietersielie by en braai 5 minute.
  • Voeg die beesskenkel en spekvleis by en voeg genoeg water by om alles te dek. Prut stadig vir 3 uur tot die vleis van die been afval.
  • Skep die skenkel uit, verwyder die vel en been en sny die vleis fyn.
  • Skep die vleis terug in die soppot en geur die sop na smaak met sout, swartpeper, suurlemoensap en pietersielie.