Heilig is mooi!

Hy is so goed
Hy is so wonderlik
Hy is so skoon
Dit is rerig Sy heiligheid wat Hom sooo mooi maak

So baie kere wil ons daarvan weghardloop
Ons hou nie daarvan
Om so skoon soos Hy te leef
Tog is dit die mooiste ding ooit

Liefste kinders asseblief
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom hoor
Heiligheid is so mooi!

Ja
Heiligheid is mooi want dit is wie Ek is
Heiligheid is mooi want dit beteken
Dat daar geen bedrog in My is

Liefste kinders
Asseblief glo vir My
Kom gou
Kom nou

Om heilige, rein, skoon
Voorbeeldige lewens te leef
Dit behoort vir julle so groot voorreg te wees
Want dit is wie Ek is!

Asseblief luister vir My
Ek wil vra dat julle
Die vuilheid van hierdie wêreld sal verruil
Vir die skoon-heid van wie Ek is

Ek is soveel-soveel mooier as sy
My liefste kinders
As julle My net wou glo
As julle My weë net bo haar wou liefkry

Want ja sê Abba-Vader
Daar is baie van My kinders
Wat nie bereid is om in My weë te volg
Tog wil hulle hulself kinders van God bly noem

My liefste kinders
Nee asseblief
Julle moet begin om die eie ek en sy begeertes
Op die altaar van liefde vir My te begin neerlê

My liefste kinders
Asseblief
Asseblief
Ek vra julle om op My weë te begin loop

Ja sê Abba-Vader
Ja
Dis hoe julle
Die Ware Lewe in My vind

Self moet julle neerlê
Sodat julle die rykdom van dit wat Ek
Vir julle voorberei het in die Gees
Kan vind

Weet dit dan
Die mooiste, mooiste skatte
Lê en wag vir die wie bereid is
Om na hulle te kom soek.