Help kinders om te lees deur te speel

0
758

WORD 4 WORD READING THERAPY se program is daarop gemik om kinders op ’n prettige manier te help lees. Positiewe resultate by hulle projekte wys hoe goed dit werk.

Magriet Smit het begin leeslesse gee by haar eksman, ’n oogkundige, se praktyk, maar op ’n kreatiewe en prettige manier. Daar kon sy sien hoe groot verskil die persoonlike aandag aan kinders maak. Na haar egskeiding, het sy deur God geroep gevoel om Word 4 Word Reading Therapy te begin. Sy het dit uiteindelik gedoen met net ’n honderd rand en geloof. Haar tegniek van leesterapie is om dit met spel- en visuele terapie te kombineer. Dit gebruik die kinders se passie en dit wat hulle geniet om ’n positiewe assosiasie met lees te vorm. “As jy nie van iets hou nie, gaan jy dit nie doen nie,” sê Magriet.

Daar is groot maatskappye en selfs kerke wat saam met hulle werk. Dan is daar ook bekendes soos Milan Murray, Tim Theron en proteas krieketspeler Temba Bavuma wat elkeen bereid was om hulle tyd te gee om die gesig van ’n ander projek te wees. Hulle sal die kinders besoek en met hulle gesels en hulle inspireer.

Die program het die grootste trefkrag by skole waar ons die meeste kinders kan help. Selfs kinders wat goed presteer op skool, doen nog beter daarna. Veral in gemeenskappe wat ons kan ophef deur hulle bewus te maak van hoe belangrik lees is. Baie van die ouers kan self nie lees nie. Ek bied werkswinkels aan om hulle te leer hoe hulle kinders te help by die huise. Aan die begin van ’n projek toets ek die kinders en lei die onderwysers en ouers en ’n leesspan op. Hulle werk dan van daar af met die kinders. Van daar af kontroleer ek hulle vordering en bied ondersteuning.

Magriet is baie passievol oor die projekte by skole wat uit die pad uit is, waar die kinders geen ekstra hulp kry nie. Die Klein Karoo Lees sentrum in die Matjiesrivier vallei is veral na aan haar hart omdat dit ’n plaasskool is. Die sentrum skep ’n hoekie waar kinders kan lief word vir lees. Die sentrum het nie net by lees gebly nie, borge het hulle gehelp om vir die kinders verder ook te help. Specsavers het byvoorbeeld hulle oë kom toets.

Dan het Word 4 Word ook saam met die FNB Foundation projekte by twee plekke in Namibië begin. Die een was by Hope Village Kalahari Clinic, ’n tehuis vir ma’s en kinders wat deur MIV/VIGS geaffekteer word. Daar is weeskinders, en kinders wie se ouers nie na hulle kan omsien nie. Die ander een was Namkids Safety Centre, ’n kleuterskool en ’n naskool.

Dit help beslis die kind met lees, maar dit leer hulle om selfvertroue te bou. Self vir tutors. Ek het vandag geleer om na binne te kyk en ’n beter mens te wees en om vir die kinders met wie ek werk, ’n beter toekoms te gee.
Gillian Adams, stigter en direkteur van Namkids Safety Centre

Die grootste ding waarvoor Magriet vra is gebed, sy is baie afhanklik van die Here se leiding. Dan kan niks gebeur sonder finansiële hulp nie nie. Op hulle webtuiste, www.word4wordrt.co.za, is die besonderhede, maar enige iemand wat met geld of hulle tyd wil help kan vir Magriet ook direk kontak by magriet@word4wordrt.co.za.

MAAK DEURE VIR KINDERS OOP
’n Groot persentasie van Suid-Afrika se kinders kan nie lees nie. Hierdie program gee vir hulle ’n kans vir ’n beter lewe.
LEER OP DIE LEKKER MANIER
Kinders geniet dit so baie, hulle besef nie eers hoeveel hulle leer nie. Daar word gespeel, maar dit is eintlik baie ernstige sake.
GEMEENSKAP DRYF DIE PROJEKTE
Tutors en die leesspan kom uit die omgewing. Na die eerste jaar moet hulle op hulle eie bene staan.