Hemelskuddende lof!

0
489

Elke keer wanneer die sokkerspeler Lionel Messi ‘n doel aanteken, juig en jubel die byna honderduisend toeskouers op die stadion in die Spaanse stad Barcelona.

Die Spaanse owerheid het nou ‘n seismometer laat aanbring naby die stadion, en daar is bevind dat die seismometer inderdaad baie duidelike vibrasies optel elke keer as Lionel Messi ‘n doel aanteken en die skare dit vier. ‘n Mens kan dus regtig praat van ‘n aardskuddende doelskop!

Dit roep by my die prentjie op wat die Boek Openbaring vir ons skilder van ‘n veel groter gebeurtenis wanneer die gelowiges nie net die aarde nie, maar ook die hemel laat skud met hul lof:

Openbaring 7:9-12 skets die volgende prentjie:

Hierna het ek ’n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!”

Al die engele het rondom die troon, die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan. Hulle het toe voor die troon gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid en gesê:

“Amen! Die lof en die heerlikheid,

die wysheid, die dank en die eer,

die mag en die sterkte behoort

aan ons God

tot in alle ewigheid. Amen!”

Stel jou hierdie prentjie voor en sien jouself in daardie skare!  🙂