Herlaai you voertuigbattery-kennis

0
44
kar battery

Hoe goed ken jy die kragmasjien onder jou enjinkap?

Hoe goed ken jy die kragmasjien onder jou enjinkap?

Moderne karbatterye benodig dalk geen instandhouding nie, maar daar is steeds belangrike moet-weet feite en toetse wat batteryskade kan voorkom en dit in goeie lopende toestand hou. Die kundiges by Battery Centre het van die mees algemene battery-vrae beantwoord om seker te maak jy is ingelig:

V: Hoe lank sal my battery hou?

A: Die gemiddelde karbattery hou tussen vyf en sewe jaar. Indien die voertuig vir lang tye ongebruik staan, sal dit nodig wees om die battery vroeër te vervang. Om te verseker dat jy nie te gereeld die battery hoef te vervang nie, kies ‘n hoë kwaliteit battery soos ‘n Raylite.

V: Hoe gereeld moet ek die batterywater opvul?

A: Indien jou voertuig met ‘n betroubare, instandhoudingsvrye battery toegerus is, nooit. Instandhoudingsvry beteken jy hoef nie die beslommernis van hervul deur te maak onder normale verbruikersomstandighede nie. Raylite batterye, byvoorbeeld, is spesifiek ontwerp vir minimum waterverlies – en het ‘n langer dienslewe as gevolg hiervan.

V: Hoe sal ek weet wanneer ek my battery moet vervang?

A: Voor jy jaag om jou battery te vervang, laat dit behoorlik toests. Onreëlmatighede in jou voertuig se waarskuwingseine kan deur iets anders as jou battery veroorsaak word. Nietemin, sommige waarskuwings om ‘n ogie oor te hou sluit in:

Die enjin sluit glad nie aan nie

Die motor sluit moeilik aan of klink traag

Die battery liggie op jou instrumentpaneel is aan

Dit wil voorkom asof jou battery krag verloor gedurende koue or verlengde aansluitings (in hierdie geval sal die enjin aansluit en dan staak)

Jou kopligte verdof wanneer die voertuig luier

V: Hoe kan ek my battery se lewe verleng?

A: Gaan jou battery gereeld na om seker te maak die poolklemme is skoon, styf vas en korrosie-vry. Korrosie en lekkasie kan die battery se werkverrigting bemoei. Laat ook jou battery gereeld toets om seker te maak dat dit reg laai. Verseker dat die vasdrukstaaf wat die battery sekuur in plek hou korrek pas – dit verminder skade as gevolg van vibrasies.

V: Wat moet ek doen wanneer my battery pap is?

A: As jou battery pap is kan jy dit met ‘n draagbare battery-herlaaier laai. Om jou motor met hulpkrag aan die gang te kry is net ‘n vinnige oplossing – dis beter om die battery ordentlik te laai om dit in ‘n goeie toestand te hou. Vir volkome gemoedsrus, besoek jou naaste Battery Centre om seker te maak jou battery is in top kondisie.

Vir meer battery-verwante vrae, of om jou naaste Battery Centre op te spoor vir ‘n battery toets, besoek www.batterycentre.co.za.