herskryf jou verlede vandag!

0
16
verlede.jpg

Hoeveel keer laat jy toe dat die verlede jou verhoed om iets reg te kry. Geskiedenis hoef nie homself te herhaal nie!

Elke oggend as ek opstaan het ek ’n nuwe geleentheid om die dag reg te kry wat ek wil regkry. Ek kan weer keuses maak en die mislukkings van die verlede vergeet. Ongelukkig laat die meeste van ons toe dat ons ou mislukkings vir ons voorskryf wat moontlik is en wat nie.

Ons glo ons kan nie, “want ek kon mos nog nooit”. Onthou jy word nie gedefinieer deur wat agter lê nie, maar deur nou. Elke dag is ’n kans om jou storie te herskryf. Ek weet dit is moeilik om op te staan en emosioneel sterk te wees, gemotiveerd en gefokus. Maar ek weet ook dit begin by die geloof dat jy jou storie kan verander.