hier is 4 wenke vir partytjie tyd

0
17
  • Eet ’n vars slaai of 2 vars vrugte by die huis voor jy partytjie toe gaan sodat jy nie doodhonger daar aankom nie.
  • Drink ’n glas water of dieetkoeldrank wanneer jy by die funksie aankom, voor jy ’n glas wyn drink. En dan wissel jy ’n glas wyn elke keer af met ’n glas water of dieetkoeldrank.
  • Onthou ook dat dit maklik is om onbewustelik te eet by partytjies wanneer jy sommer so uit die bakke of borde handevol versnaperinge in jou mond stop. Dis beter om ’n klein bordjie te neem sodat jy weet hoeveel jy eet.
  • Geniet elke happie, proe die kos wat jy eet en kou stadig. Dis mos ’n aand om te geniet! Een aand sal jou nie 2 kg laat optel nie. So hou op skuldig voel.