Hier is dit: wonder sellulietkure!

0
13
selluliet.jpg

Dis byna vakansietyd en jou swembroek en selluliet werk nie saam nie. Hier is twee kure waarby jy sal baat.

Hoeveel halfgebruikte skoonheidsmiddels is daar in jou laaie en smuktas opgegaar? Baie? As jy talle skoonheidskure beproef, maar selde tevrede is met die resultate, is hierdie lyfgids net vir jou bedoel.

Studies het onlangs bewys dat middelklasvroue derduisende rande se kosmetiese produkte in hulle kaste het, maar minder as ’n kwart daarvan gereeld gebruik. As jy jou kop ongelowig skud, gaan kyk maar wat jy betaal het vir daardie luukse serums, jou versameling parfuums, die haarsalonprodukte en so meer.

’n Salonbehandeling vir fermer, gladder bobene

Hierdie behandeling werk soos chirurgie. Die LPG Endermologie Lipomassering kos R420 per sessie en 12 sessies word voorgeskryf vir die beste resultate. Dit kan gedoen word by Legs Eleven-salon, www.legs11.co.za, maar die behandeling is ook beskikbaar by uitgesoekte skoonheidsalonne landswyd. Vind jou naaste salon op die volgende webwerf :www.lpgsystems.co.za.

Die FINESSE-leser, Luanne, 30selluliet.png

Ek het al baie sellulietrome gebruik en sien geen verskil nie. Ek is maer, eet gesond en doen oefening, maar ongelukkig sukkel ek steeds met selluliet. My dye was opgewonde oor dié chirurgielose manier om daarvan ontslae te raak.

Jy word vir meer as ’n halfuur met gemotoriseerde rollers gemasseer wat dieper werk as jou hande. Die massering bewerkstellig beter bloedsirkulasie en limfdreinering, en stimuleer die kollageen en elastien in jou vel. Weefsel wat saamgepakte vetselle vasvang, word saggemaak sodat hardnekkige vet uitgeskakel word. Dit verminder die klonterige voorkoms van jou vel. Vir hoeveel jy betaal, is dit die geld werd.

 

’n Tuisoplossing vir dye wat soos lemoenskil lyk

Die skoonheidstoestel Environ Body Rollcit (R1 038) is beskikbaar by skoonheidsalonne landswyd, en jy kan dit in die gerief van jou huis gebruik.

Die FINESSE-redaksielid, Mariechen, 41

environ_1.jpgEk was nog altyd sportief, maar ek sukkel steeds met selluliet. Toe ek van ’n nuwe oplossing hoor om van kuiltjies op jou sitvlak ontslae te raak, was ek nuuskierig. Die toestel is twee rollers met ’n klomp baie fyn naalde daarop. Na jou vel gereinig is, moet jy die rollers sagkens oor jou lyfkontoere rol. Die naalde skep mikroskopiese klein openinge in jou vel, wat kollageenvorming stimuleer.

Natuurlik is dit gevoelig as jy ’n klomp naalde oor jou vel rol. Jy moet dit versigtig doen sodat jy nie jouself seermaak nie.

Ek het die toestel nog nie baie lank gebruik nie, maar ek glo as jy dit gereeld gebruik, sal jy beslis meer voordeel uit jou sellulietprodukte trek. Enige produk wat jy ná die naaldroller aanwend, sal jou vel dieper binnedring en meer terapeutiese waarde hê.

Geskryf deur Ryno Mulder