Hierdie winter is Pilates in

0
13
Pilates

Wie wil nou in die koue gaan draf? Nou ja, jy hoef nie. Trek ’n matjie nader, want dis nou tyd vir ’n vinnige Pilatesklas.

Wie wil nou in die koue gaan draf? Nou ja, jy hoef nie. Trek ’n matjie nader, want dis nou tyd vir ’n vinnige Pilatesklas.

Hierdie strekoefeninge wat deur Fitness on Wheels en Godiva Pilates & Fitness aangebied word, is presies wat jy nodig het om die lyf ’n bietjie op te warm.

Vinnige feite oor Pilates

•  Versterk alle spiere in jou liggaam
•  Dit versterk jou spiere om jou bekken en stabiliseer jou werwelkolom
•  Dit verbeter postuur
•  Dit help vir doeltreffende asemhaling en leer jou om te ontspan
•  Verminder pyn in jou lae rug en nek

Jy kan hierdie oefeninge in die gemak van jou eie huis doen. Die beste van als is dat enige iemand van enige ouderdom Pilates kan doen – of jy fiks is of nie.