Hoë hakke vir babas

0
89
Pee_Wee_Pumps.jpg

Die maatskappy Pee Wee Pumps in Greensburg, Pennsilvanië, het nou begin om sagte pantoffels met gepunte tone en hakke vir babas van ses maande en jonger te vervaardiger.

Die maatskappy Pee Wee Pumps in Greensburg, Pennsilvanië, het nou begin om sagte pantoffels met gepunte tone en hakke vir babas van ses maande en jonger te vervaardiger.

Op hul advertensiefoto’s verskyn babadogtertjies in kleredrag wat lyk asof dit vir volwasse vroue gemaak is. Hierdie skoene kos tot byna R400 per paar. Die maatskappy sê dat die kinders (= babas!) hiermee kan begin om hul eie modestempel af te druk, maar baie ouers is woedend en sê dat die maatskappy kinders seksualiseer.  

Ek kan nie verstaan waarom ouers hul kinders van ʼn onskuldige en eenvoudige kinderlewe wil beroof nie. Ek word al hoe meer dankbaar vir my kinderlewe diep in die bosse op Eagles Crag baie ver weg van die beskawing af.  Ek sal bieg dat ek tot in my hoërskooljare feitlik niks van seks geweet het nie. Maar ek het in ʼn eenvoudige onkomplekse omgewing  grootgeword, en het daarna oorgenoeg tyd gekry om die grootmenslewe te ontdek.

Voor my oë sien ek hoe hierdie onskuldige kindertjies speel  waarvan Jesus vir ons in Matteus 11:16-17 vertel:

Hulle is net soos kinders wat op die markpleine vir mekaar sit en roep:
   Ons het vir julle op die fluit gespeel,
   en julle het nie gedans nie!
   Ons het ’n treurlied gesing,
   en julle het nie gehuil nie!’

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.

 

 

 

DEEL
Vorige artikelLaai jou denke af!
Volgende artikel84. Versterk vertering met vesel
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.