Hoe hanteer ma’s puberteit?

190
puberteit

Dit is belangrik dat ons ons dogters leer om positief en opgewonde te wees oor vrouwees en normale vroulike ontwikkeling.

Wanneer jou meisiekind puberteit bereik, is daar ’n paar feite oor haar liggaam en haar ontluiking wat sy eerste by jou wil hoor.

As haar borste, tussen die ouderdom van 9 en 12 jaar, begin ontwikkel, is dit ’n normale proses en sy behoort dit te vier.

Neem haar uit en gesels oor ’n koppie tee of koffie oor hierdie veranderinge in haar liggaam en wat sy kan verwag. Gesels met haar oor die ongemak in hierdie fase wanneer jy besef dat jou liggaam besig is om te verander.

Net so moet jy haar help om haar eerste menstruasie met gemoedsrus te benader. Te veel vroue is deur hulle ma geleer dat dit iets is om te verwens.

[VIDEO] Hoe hanteer ma’s puberteit?

Dit is eerder iets om oor bly te wees, want dit beteken dat jy vrugbaar is en waarskynlik eendag kinders sal kan baar.

Jou kind wil ook eerste by jou hoor oor seks. Verduidelik vir haar wat dit is en hoe dit werk.

Leer haar dat dit iets is waarvoor ons wag om eendag met ’n geliefde en ’n lewensmaat te deel.

Indien jy vermoed dat sy reeds seksueel aktief is, moet jy met haar daaroor gesels om te voorkom dat sy swanger raak of ’n oordraagbare siekte opdoen – veral in ons land met die hoogste MIV-syfers in die wêreld.

Jou dogter wil weet hoe dit voel om ’n vrou te wees.

Deur openlik en eerlik met haar te gesels, help jy haar om hierdie verwarrende – soms traumatiese – oorgang makliker te hanteer.

Ellenore Meyer Ellenore Meyer, mediese dokter
Kliek hier vir meer videos en artikels deur Ellenore.