Hoe oefen ek my maagspiere?

803
oefen maagspiere

’n Mooi, gedefinieerde maag kan die indruk van ’n sterk kern skep, maar dit is ongelukkig nie altyd die geval nie.

Het jy geweet dat jy nog steeds met swak kernspiere kan sit al het jy ’n six-pack?

Feitlik elke beweging van die menslike liggaam is afhanklik van die kern. Dit bestaan uit komplekse weefselreekse wat veel meer as jou maagspiere insluit – soos die bekkenspiere, transversale abdominale spiere, interne en eksterne obliques, diepliggende rugspiere, diafragma en selfs jou dyspiere.

Almal werk as ’n eenheid saam om ons daaglikse bewegings moontlik te maak. As een van hulle verswak, kan dit jou balans en postuur beïnvloed en rugpyn veroorsaak.

Selfs ’n vinnige bukbeweging kan jou rug beseer. Areas van jou liggaam sal oorkompenseer vir die dele wat swak is, en dit kan tot beserings lei.

Kernoefeninge kan wondere verrig vir jou postuur. Dit help die spiere in jou bekken, onderste deel van jou rug, heupe en maag om in harmonie te werk, wat lei tot beter balans en stabiliteit – op die sportveld of in daaglikse aktiwiteite.

Dit sal ook jou liggaamskrag vir daaglikse bewegings verbeter en beserings verhoed.

Om ons kernspiere te versterk, verg meer as net crunches. Die hele liggaam moet in alle rigtings en met verskillende bewegings geoefen word. Dit is ook belangrik om funksionele oefeninge, soos verskillende tipes hurke en optrekke, in te sluit.

Selfs met spesifieke maagoefeninge moet ons variasies inkorporeer. Die plank-oefening is ’n basiese oefening wat deel van jou roetine moet vorm. Dit kan in baie variasies, soos die sy-plank met polse en been oplig, gedoen word.

Marijke Cilliers, persoonlike afrigter

Kliek hier vir meer videos en artikels deur Marijke.

 

kry daai oe-la-la lyf Kry ’n Oe-la-la-lyf, aanlyn program
R99 R199
leesleerleef.co.za