Hoe om effektief te kommunikeer

0
62
tips_vir_die_liefde.jpg

Sy sê:  “Ek en my man is al vyf jaar getroud, maar dit voel vir my of ons al hoe verder van mekaar af wegdryf en soms vermoed ek hy is nie heeltemal so gelukkig getroud as wat hy aanvanklik was nie. Ons het ’n vol program en praat net vinnig oor die nodigste reëlings.”

Hy sê: “Toe ons pas getroud was, het my vrou my soos ’n koning laat voel. Deesdae voel dit vir my asof ek net sowel ’n kombuisstoel kan wees.”

Miskommunikasie of misverstande kan huweliksmaats uitmekaar laat dryf. Hier is vyf sinne wat elke man van sy vrou wil hoor en wat kan help op julle huwelik gesond en sterk te hou:

 1: “praat met my, ek luister …”

In ons gejaagde wêreld het baie mense verleer om met mekaar te gesels, maar die hart van enige verhouding is goeie kommunikasie.

2: “kom ons gaan saterdag rugby toe”

As jy jou man heeltemal sou weghou van die goed waaraan hy ’n behoefte het (of hom nie daarin ondersteun nie), kan hy hierdie dinge buite die huwelik begin soek. Kry gedeelde belangstellings. Gaan saam met hom rugby toe of kry interessante boeke wat julle albei geniet. 

3: “die kinders slaap vanaand by oupa en ouma …”

Dink aan 101 maniere om jou man gelukkig te maak. Dit is baie belangrik, want in die roetine-wêreld waarin ons leef soek baie mans ’n bietjie afwisseling uit die roetine van die lewe – en dis soms waar dinge skeefloop.

4: “wat doen ek wat jou ongelukkig maak?”

Laat jou man ’n lysie maak van goed wat hom frustreer, luister daarna en pas aan daarby, dit is vir hom belangrik.

5: “dankie dat jy …”

Dit is belangrik om dankie te sê vir die klein dingetjies wat hy elke dag doen en wat meestal ongesiens verby gaan.