Hoe om hom te laat luister

0
19
tips_vir_die_liefde.jpg

Jou man kan ure lank saampraat oor die naweek se sport, maar as jy oor jou probleme wil gesels, is hy doodstil. Dit is nie omdat hy nie belangstel nie.

Vraag: waarom is hy so stil …

Antwoord: Mans praat nie graag oor hulle  emosies nie en soms kan dit voel of hulle ook nie oor jou emosies wil gesels nie. Die redes hiervoor is …

Mans praat nie terwyl hulle dink nie: Terwyl jy hardop sê wat jy dink en hoe jy voel, doen mans hulle dinkwerk in stilte. Hulle het ook tyd nodig om hulleself uit te sorteer, die probleem te ontleed en ’n oplossing te verwoord. As hy wel iets sê kan jy maar weet dat dit sy gevolgtrekking en nie sy gevoelens is nie.
Mans voel vreemd in die wêreld van emosies: Min mans het die woordeskat en ervaring om hulle emosies te verduidelik. Moet hom dus nie te veel daarvoor druk nie.

Mans wil altyd ’n probleem oplos: Wanneer jy jou hart met jou man deel, voel hy verantwoordelik om ’n oplossing vir die probleem te vind en nie om jou te verstaan nie.

Vraag: wat kan ek doen?

Antwoord: Pak die bul by die horings en gesels met hom terwyl jy die volgende riglyne in gedagte hou …

  • Aanvaar dat jou man gemakliker en meer in beheer voel as hy die grense verstaan waarbinne hy moet optree.
  • Wanneer hy verstaan dat jy anders dink en praat en jy hom ruimte gee om anders te wees, sal hy makliker kan luister wanneer jy wel wil gesels.
  • Onthou dat emosies jou man ongemaklik laat voel.
  • Gebruik selfbeheersing wanneer jy jou hart uitstort.
  • Gee hom tyd om die inligting wat jy hom gee in sy gedagtes te verwerk.


Om fisiek naby hom te wees, help ’n man om nader te kom aan die emosionele kant van die lewe en só hy sal jou hart makliker hoor.