Hoe om jou man gelukkig te maak

0
160
tips_vir_die_liefde.jpg

Daar is een geheim wat elke getroude vrou moet ken, maar wat niemand vir jou vertel nie … hoe om jou man gelukkig te maak – en te hou!

GEHEIM 1: hy wil deur jou bemin word

’n Man wil weet dat jy hom wil hê. Min dinge bemagtig hom soos om te weet dat jy hom bemin.

GEHEIM 2: jy moet grootste vrees verstaan

’n Man se grootste vrees is dat hy “uitgevang” gaan word – nie dat hy iets verkeerd gedoen het nie, maar dat hy ’n geheime twyfel oor homself en sy vermoëns het. Wen hom sonder woorde met jou sagmoedigheid.

GEHEIM 3: hy is anders as jy

Jou man se manier van dink, doen, praat en hoe hy sekere situasies hanteer, sal dikwels hemelsbreed van joune verskil. Aanvaar dat God hom vir ’n rede anders as vir jou gemaak het.

GEHEIM 4: hy het nodig om te voorsien

Die instink om die voorsiener te wees is so diep in ’n man gevestig dat daar feitlik niks is wat hierdie druk kan verlig nie. Hy voel selfversekerd wanneer hy kan voorsien en wanneer sy vrou op hom staatmaak. 

GEHEIM 5: jy moet sy grootste ondersteuner wees

Word sy grootste aanhanger en ondersteuner. Bemoedig hom, moedig hom aan en laat hom altyd weet dat hy die belangrikste mens in jou lewe is.

GEHEIM 6: jy moet hom respekteer

Jou respek in die openbaar is veral belangrik.

GEHEIM 7: hy het jou teerheid nodig

Hanteer hom met die sagtheid wat net ’n vrou kan bied en maak julle huis ’n rustige, liefdevolle hawe waarheen hy wil kom. 

Wanneer jy hom op dié manier dien en bedien, is die kanse goed dat hy alles in sy vermoë sal doen om jóú te bederf, te koester en lief te hê.