Hoe om jou man se hart te hoor

0
23
tips_vir_die_liefde.jpg

Om regtig na jou man te luister, moet jy eers hoor wat jou eie hart se stem sê …

Dis wanneer jy jou eie hart se stem hoor dat jy effektief na jou maat s’n kan luister. Maar daar is stemme in jou hart wat verhoed dat jy regtig kan luister. Hulle is:

  • woede: Die woede wat jy ervaar as jy kwaad of opgewonde is, meng maklik in wanneer jy probeer luister.
  • ’n slegte bui: As jy in ’n slegte bui by die huis kom, sal jy nie kan luister nie.
  • woorde wat seermaak: Wanneer jou man sê dat jy slordig, onbedagsaam of vergeetagtig is, sneller dit ’n begeerte om te verdedig eerder as om te luister.
  • verdediging: As jy nie oor iets wil gesels nie of ’n opmerking jou op die verdediging plaas, sal jy weier om te luister.
  • ’n definitiewe standpunt: ’n Definitiewe standpunt oor alkohol, rook of sekstonele in flieks sal dit moeilik maak om na sy standpunt te luister.
  • ’n teenstrydige prentjie: As jou man iets sê wat nie rym met jou prentjie van jouself nie, sal jy ophou om na jou man te luister.
  • siekte of moegheid: As jy siek is, koud kry of moeg is, is dit moeilik om te luister.
     

Om seker te maak dat julle mekaar hoor, moet jy probeer om: 

  • te besef dat jou negatiewe hartstemme jou kan keer om goed te luister.
  • soms na te dink oor waar en hoe hierdie hartstemme voorkom sodat jy jou maat se stem kan hoor.
  • agter te kom wanneer jou gedagtes belangriker as jou man s’n word – dis selfsugtig.
  • dadelik te kies om eerder na jou man as jouself te luister. Toon respek wanneer julle gesels.