Hoe om jou oorwinnings te vier

0
174

Om jou leefstyl te verander verg van jou om baie veranderinge in jou lewe te maak.

Transformasie is ‘n proses waar menigte oorwinnings gedurende die proses behaal moet word, sodat jy uiteindelik die groot doel of eindbestemming kan bereik.

Hoeveel kere gee mense op omdat hulle nie bereik het wat hulle gedink het hulle gaan bereik nie, maar hulle kyk al die klein oorwinnings wat hulle langs die pad gemaak het heeltemal mis. Uiteindelik is dit dit prentjie in ons koppe van hoe dinge “moes” wees, wat veroorsaak dat ons opgee.

Hier is ‘n paar wenke:

  1. Realistiese doelwitte: Dit is baie belangrik om seker te maak dat jou doelwitte realisties is, sodat jy teleurstelling kan vermy. Dit is belangrik om jou gene, jou leefstyl, jou stress vlakke, ens alles in ag te neem wanneer jy op ‘n doelwit besluit.
  2. Fases: Deel jou doelwit op in fases en besluit vooraf op ‘n beloning vir elke fase wat jy voltooi. Dit is belangrik dat jy belonings kies wat die moeite werd is sodat jy ook gemotiveerd is om die fase te voltooi en jouself te bederf.
  3. Kyk terug: Kom in die gewoonte om gereeld terug te kyk van waar jy kom, want dit sal jou konstant nederig hou en ook gemotiveerd hou om aan te hou met die proses. As mens so gefokus raak op die proses is dit baie maklik om frustreerd te raak of moedeloos te voel, maar as jy altyd bewus bly van hoe ver jy al gekom het, sal jy altyd gefokus kan bly.
  4. Gee jouself ‘n kans: Transformasie is nie iets wat oornag gebeur nie. Dit is belangrik om te besef dat dit ‘n proses is waar jy sekere dae oorwinnings gaan behaal en ander dae gaan jy verloor. Gee jouself kans om party dae te verloor, jy is tog net mens. Dit is belanriker dat jy jou kop weer optel en aangaan. Jy is een ete of een besluit weg van om weer op die regte pad te wees.

Laetitia Dee – Lewensafrigter

http://laetuslife.com