Hoe om jou verwagtinge met hom te deel

0
28
tips_vir_die_liefde.jpg

Voel dit asof jou man nie jou behoeftes in ag neem nie en jou nie verstaan nie? Wees ’n slag eerlik met hom.

Hier is ’n paar wenke hoe jy jou verwagtinge met jou man kan deel:

WENK 1: identifiseer jou verwagtinge
•    Jy glo onbewus dat jou maat belowe het om op te tree soos jy dit van hom verwag.
•    Identifiseer jou verwagtinge vroegtydig om dit sodoende effektief met jou man te  kan deel.

WENK 2: gesels met jou man oor jou verwagtinge
•    Jou man gaan nie weet wat jy van hom verwag as jy dit nie met hom deel nie.
•    Praat met hom selfs oor onbenullige dinge soos wanneer en deur wie die waterbottel in die yskas volgemaak moet word of wie die brood en melk moet koop.

WENK 3: vermy onredelike eise
•    Onredelike verwagtinge of verwagtinge wat nie ooreenstem nie, sal tot konflik lei.

WENK 4: hou op oordeel
•    Wanneer jou man nie optree soos jy verwag nie, begin jy hom oordeel en kritiseer wat probleme in julle huwelik skep.
•    Begin om die probleem by jouself te soek – en kyk eerstens na jou eie houding.

Soos met alles wat die moeite werd is, is dit noodsaaklik om werk te maak van julle misverstande oor verwagtinge. Doen dit só:
•    Praat rustig oor jou verwagtinge. Raak eers rustig en gesels dan oor die gevoel van ongelukkigheid, teleurstelling of konflik wat jy oor onvervulde verwagtinge ervaar.
•    Erken die effek van misverstande en verwagtinge op julle verhouding.
•    Wees meer realisties oor jou verwagtinge. Veral omdat jou lewensmaat heeltemal anders as jy is en gewoonlik nie eens bewus is van hierdie verwagtinge wat jy het nie.
•    Hanteer jou verwagtinge op ’n nugter manier. Só sal jy maniere vind om te voorkom dat dit julle verhouding op onverwagse en onverstaanbare maniere onaangenaam beïnvloed.