Hoe om julle huwelik weer stewig te anker

0
45
tips_vir_die_liefde.jpg

SY SÊ:  “Ek het my man om ’n egskeiding gevra, want ek dink ’n egskeiding is al uitweg as ek weer gelukkig wil wees.”

HY SÊ:  “Ek weet ons huwelik is nie wat dit moet wees nie, maar dit het vir my as ’n skok gekom toe sy sê sy wil skei. Ek het nie besef sy is so ongelukkig nie. Ek is lief vir haar en wil haar beslis nie verloor nie.”

Gryp hierdie sewe reddingsboeie as julle huwelik in gevaarlike waters begin dobber:

REDDINGSBOEI 1: maak die keuse om lief te hê

Al sê jy “ek is nie meer lief vir my maat nie,” is dit nog geen grondige rede om te skei nie. Die huwelik is gebou op Agapé-liefde wat niks met gevoel te doen het nie, maar ’n gehoorsaamheidskeuse aan God is. 

REDDINGSBOEI 2: vergewe mekaar

Vergifnis is die enigste manier om gebroke verhoudings te herstel en genesing te bewerkstellig sodat julle die pad vorentoe kan aanpak. 

REDDINGSBOEI 3: aanvaar jou maat

Aanvaar jou maat vir wie hy of sy is – met sy tekortkominge – tensy daar sprake van fisieke of emosionele mishandeling is. 

REDDINGSBOEI 4: respek is die sleutel

Respekteer jou man, asof vir Jesus self, en wees ’n maat vir hom.

REDDINGSBOEI 5: kies vir jou ’n maat

Kies om te glo dat jou man, nes jy, graag ’n gelukkige huwelik wil hê. Weet ook dat die vyand soos ’n brullende leeu rondloop en daarop uit is om misverstande tussen julle aan te vuur. 

REDDINGSBOEI 6: maak ’n weeklikse afspraak

Skryf daardie gereelde afspraak met mekaar in julle dagboeke neer. Dit mag nie afgestel word nie! Doen iets lekkers saam.

REDDINGSBOEI 7: kry ’n gesamentlike visie

Beplan saam julle pad vorentoe sonder om gedurig agtertoe te kyk. Vergifnis is van die uiterste belang.